Sunday, April 15, 2007

Kampeerterrein


En ja, hulle het kampeerterreine in Hong Kong. hierdie ene is reg langs die strand op Lantau Eiland. Met al die honderde klein eilandjies, is daar maar min golwe. Net so 2 of 3 surf strande.

Noelise


Een van ons leke nuwe maatjies van die kerk, Noelise, kuier by ons. Sy kan nie te laat in die aande uitbly nie, "want onderwysers kan nie te laat gaan slaap nie."

Tennis

Uiteindelik terug op die tennisbaan, al is dit nou in Hong Kong. Vir al die tennisspelers, die nuwe Wilsons speel soos 'n droom.

BBQ met Paul en Helen


By Deep Water Bay saam met Paul en Helen. En hierdie keer het ons rooivleis gebraai!

Oppie Beach!

Op die Beach, ongelukkig was die weer nie so lekker nie. Maar hey, ons laaik dit nogsteeds stukkend!

Laser and Light Show 1


Die Guiness Book World of Records se "Largest Permanently Installed Laser & Light Show". Elke aand 20h00 by Avenue of the Stars.

Die Hamels vs Bruce Lee


Die Hamels saam met ons by Avenue of the Stars. Vat so Bruce Lee!!!!

SA Restaurant


SA Restaurant op Lantau Eiland. Jy kan boerewors, bobotie, steak, aartappelslaai, ens. eet.

Cocktail


Pinacollada op Lantau Eiland. Is jy al so bietjie groen?

Lunch by Poi O Beach


Hoender, Bief en Lam Sosaties by Restaurant op Poi O Beach.

BBQ


Chinese BBQ, 'n perd van 'n ander kleur...

Shek O Beach


BBQ saam met Nats se kollegas op Shek O Beach.

Avenue of the Stars


Avenue of the Stars, met handafdrukke van bekende Chinese Akteurs, Bruce Lee Standbeeld en plek waar die Light & Laser Show elke aand 20h00 gehou word.

What a view, what a babe!!


Nats by die Avenue of Stars, met die International Exhibition Centre in die agtergrond aan die anderkant van die water, net so katspoegie van waar ons bly. Aan die anderkant van die water (die Victoria kanaal), is Hong Kong Eiland.