Monday, May 21, 2007

Trio Beach Kiosk

Die Kiosk is op die 3de verdieping, so mens het ' mooi view van daar bo af. Net jammer hierdie 2 mense se koppe was in die pad toe die foto geneem is....

View uit Trio Beach Kiosk uit

'n Mens swem uit na daai ronde platforms toe in die water en dan le jy en tan.

Trio Beach - View van bo af


Bo die braai area van Trio Beach het mens 'n pragtige uitsig oor die see.

Trio Beach - View uit die Ferry uit


Ons het elke 2de naweek 'n vaste instelling saam met van ons kerkmaatjies - Sy naam is Trio Beach. Ons vat 'n lekker vleisie en 'n drinkdingetjie saam, en geniet net die stilte van hierdie klein "secluded" strandjie.

Andre se nuwe speelding



Andre het vir die kerk se band begin dromme speel. Hier is die "baby" net nadat ons haar vir die eerste keer opgeslaan het.

Baldie en sy Vrou

Ja-nee, dit was weer tyd om in te klim en van daai dik bos hare ontslae te raak. Nats het dieselfde gevoel oor haar krulle... Op die bus oppad terug huis toe van kerk af.

Lantau Village



Nats & Suzanne, 'n Duitse vriendin wat ons hier ontmoet het, op die beach by Lantau Village, een vd klein eilandjies langs Hong Kong.

Mong Kok


Mong Kok in Hong Kong 22h30 in die aand.

Guangzhou Kanaal



Nog 'n foto van Guangzhou.

Guangzhou

Baie meer 1ste werelds as Hong Kong. En baie fietse!!!

Pazhou


Die Pazhou Kompleks van buite af.

Pazhou Kompleks

Die Pazhou Kompleks in Guanzhou waar die Canton Fair jaarliks gehou word. Was amazing om die honderde duisende mense regoor die wereld te sien instroom om besigheid met die Chinese te doen. Dis seker die grootste gebou waarin ek in my lewe was...

Sunday, April 15, 2007

Kampeerterrein


En ja, hulle het kampeerterreine in Hong Kong. hierdie ene is reg langs die strand op Lantau Eiland. Met al die honderde klein eilandjies, is daar maar min golwe. Net so 2 of 3 surf strande.

Noelise


Een van ons leke nuwe maatjies van die kerk, Noelise, kuier by ons. Sy kan nie te laat in die aande uitbly nie, "want onderwysers kan nie te laat gaan slaap nie."

Tennis

Uiteindelik terug op die tennisbaan, al is dit nou in Hong Kong. Vir al die tennisspelers, die nuwe Wilsons speel soos 'n droom.

BBQ met Paul en Helen


By Deep Water Bay saam met Paul en Helen. En hierdie keer het ons rooivleis gebraai!

Oppie Beach!

Op die Beach, ongelukkig was die weer nie so lekker nie. Maar hey, ons laaik dit nogsteeds stukkend!

Laser and Light Show 1


Die Guiness Book World of Records se "Largest Permanently Installed Laser & Light Show". Elke aand 20h00 by Avenue of the Stars.

Die Hamels vs Bruce Lee


Die Hamels saam met ons by Avenue of the Stars. Vat so Bruce Lee!!!!

SA Restaurant


SA Restaurant op Lantau Eiland. Jy kan boerewors, bobotie, steak, aartappelslaai, ens. eet.

Cocktail


Pinacollada op Lantau Eiland. Is jy al so bietjie groen?

Lunch by Poi O Beach


Hoender, Bief en Lam Sosaties by Restaurant op Poi O Beach.

BBQ


Chinese BBQ, 'n perd van 'n ander kleur...

Shek O Beach


BBQ saam met Nats se kollegas op Shek O Beach.

Avenue of the Stars


Avenue of the Stars, met handafdrukke van bekende Chinese Akteurs, Bruce Lee Standbeeld en plek waar die Light & Laser Show elke aand 20h00 gehou word.

What a view, what a babe!!


Nats by die Avenue of Stars, met die International Exhibition Centre in die agtergrond aan die anderkant van die water, net so katspoegie van waar ons bly. Aan die anderkant van die water (die Victoria kanaal), is Hong Kong Eiland.

Sunday, March 18, 2007



Chop Sticks, dis maklik!!!!


Paul met sy en Helen se seuntjie, Simon, op sy rug in Simon se Bush Baby. Simon gaan amper orals saam. Die laaitie is al yslik groot, en is nog net 17 maande oud!

Paul van Pertoria en sy vrou, Helen. Hy is al vir 2 jaar in Hong Kong. Helen help vir Andre so bietjie met sy Mandarin, en hulle het ons al 'n paar mooi plekke gaan wys. Speel ook batminton en squash en binnekort tennis saam met hulle.
Koi Dam in Hong Kong Park.


'n Massiewe boot in Wam Poa met 'n HUGE shopping Center binne in en onder die boot. (Kan jy vir Nats sien onder die palm boom?)


Caramelized popcorn en Green tea, die ideale resep om Ghost Rider by die cinemas te kyk in Wam Poa Garden.


Nats se clevage (ag ek bedoel lunch saam met Nats).

(Toemaar, dis fried noodles, nie wurms nie.)



Die Chinese kos raak al lekkerder!!!


Alweer rys! Andre gaan eet elke dag iewers lunch saam met sy lekker vroutjie. Ons probeer om elke dag by 'n ander restaurant te eet. Ons loop net in die straat af, en wals dan sommer in by enige plekkie wat vir ons lekker lyk.


'n Tipiese aand in die strate van Hong Kong. Die plek slaap nooit nie! Ons het gaan Cantonese kos eet in Central.


Hong Kong se Exhibition en Convention Center, waar Andre baie van sy tyd gaan spandeer om Chinese Suppliers te ontmoet. Foto uit die ferry geneem. Die tyd van die jaar reen dit baie en is dit redelik mistig.


Ons treat onsself met bietjie pasta en milk shake by Spaghetti House. En nee, dis water in die wynglas.


Hierdie tannnie vang vis deur 'n klein gaatjie in die grond met 'n handlyn. Moenie my vra hoe sy die vis gaan uitkry nie!

Simon doen sy "pose" by die Sai Kung Ferry Pier se restaurant. Hy is een van ons nuwe buddies wat ons by die kerk ontmoet het, and he ROCKS!!!!


Een van ongeveer 30 vissersbootjies wat by Sai Kung Ferry Point aan die publiek vars vis, kreef, inkvis, krappe, prawns, oesters, ens. verkoop vanuit hulle bootjies.


Andre buig die ysters in ons hotel se gym (of word hy gebuig...?)


Nats in Stanley Market, een van die groot toeriste aantreklikhede met honderde winkeltjies.

Die view uit ons sitkamervenster uit. Ons bly in Hong Kong op die Main Land, met Hong Kong Island aan die ander kant van die Victoria kanaal.

Die lobby van ons "huis". Ons bly in 'n hotel waarvan hulle die kamers in apartments omskep het. Nogal laanie ne?

Oppad Hong Kong toe, ons is in die wolke!!!!


Die trane was maar vlak net voordat ons deur customs gegaan het.

Ons leke familie wat ons kom afsien het by die lughawe.