Sunday, March 18, 2007



Chop Sticks, dis maklik!!!!


Paul met sy en Helen se seuntjie, Simon, op sy rug in Simon se Bush Baby. Simon gaan amper orals saam. Die laaitie is al yslik groot, en is nog net 17 maande oud!

Paul van Pertoria en sy vrou, Helen. Hy is al vir 2 jaar in Hong Kong. Helen help vir Andre so bietjie met sy Mandarin, en hulle het ons al 'n paar mooi plekke gaan wys. Speel ook batminton en squash en binnekort tennis saam met hulle.
Koi Dam in Hong Kong Park.


'n Massiewe boot in Wam Poa met 'n HUGE shopping Center binne in en onder die boot. (Kan jy vir Nats sien onder die palm boom?)


Caramelized popcorn en Green tea, die ideale resep om Ghost Rider by die cinemas te kyk in Wam Poa Garden.


Nats se clevage (ag ek bedoel lunch saam met Nats).

(Toemaar, dis fried noodles, nie wurms nie.)



Die Chinese kos raak al lekkerder!!!


Alweer rys! Andre gaan eet elke dag iewers lunch saam met sy lekker vroutjie. Ons probeer om elke dag by 'n ander restaurant te eet. Ons loop net in die straat af, en wals dan sommer in by enige plekkie wat vir ons lekker lyk.


'n Tipiese aand in die strate van Hong Kong. Die plek slaap nooit nie! Ons het gaan Cantonese kos eet in Central.


Hong Kong se Exhibition en Convention Center, waar Andre baie van sy tyd gaan spandeer om Chinese Suppliers te ontmoet. Foto uit die ferry geneem. Die tyd van die jaar reen dit baie en is dit redelik mistig.


Ons treat onsself met bietjie pasta en milk shake by Spaghetti House. En nee, dis water in die wynglas.


Hierdie tannnie vang vis deur 'n klein gaatjie in die grond met 'n handlyn. Moenie my vra hoe sy die vis gaan uitkry nie!

Simon doen sy "pose" by die Sai Kung Ferry Pier se restaurant. Hy is een van ons nuwe buddies wat ons by die kerk ontmoet het, and he ROCKS!!!!


Een van ongeveer 30 vissersbootjies wat by Sai Kung Ferry Point aan die publiek vars vis, kreef, inkvis, krappe, prawns, oesters, ens. verkoop vanuit hulle bootjies.


Andre buig die ysters in ons hotel se gym (of word hy gebuig...?)


Nats in Stanley Market, een van die groot toeriste aantreklikhede met honderde winkeltjies.

Die view uit ons sitkamervenster uit. Ons bly in Hong Kong op die Main Land, met Hong Kong Island aan die ander kant van die Victoria kanaal.

Die lobby van ons "huis". Ons bly in 'n hotel waarvan hulle die kamers in apartments omskep het. Nogal laanie ne?

Oppad Hong Kong toe, ons is in die wolke!!!!


Die trane was maar vlak net voordat ons deur customs gegaan het.

Ons leke familie wat ons kom afsien het by die lughawe.